oobarometer: Huispryse klim met 3,8%


Advertising

15-09-2010
Read : 3 times
Sake24

johannesburg. – die oobarometer-indeks het gewys dat die gemiddelde huisprys met 3,8% op ’n jaargrondslag in augustus tot r825 264 gestyg het in vergelyking met r795 241 in die vorige jaar.

mnr. saul geffen, uitvoerende hoof van ooba, verwag dat die vlak van huisprysgroei ’n stadiger koers sal toon vir die res van die jaar.

“huispryse het merkwaardige elastisiteit teenoor die huidige ekonomiese omgewing getoon, maar ons verwag stadiger groei vir die res van die jaar, na ’n baie sterk eerste helfte.”

die gemiddelde koopprys vir ’n eerste kopers het matige groei van 3,1% getoon. dit het tot r566 845 gegroei in vergelyking met r549 949 in die vorige tydperk.

ander statistieke het positiewe tendense vir potensiële huiseienaars getoon, met die gemiddelde goedgekeurde huislening was met 20,4% op ’n jaargrondslag gegroei het. dit het tot r718 268 gestyg in vergelyking met r596 575 in die vorige tydperk.

die gemiddelde deposito, as ’n persentasie van die koopprys, het ook dramaties gedaal tot 13% van die koopprys, of r106 996.

die gemiddelde aanvanklike afkeurkoers van huislenings het stabiel gebly in die tydperk, waar hy met 1% tot 46,1% gestyg het. maar, die koers van aansoeke wat deur een instelling afgekeur is, maar deur ’n ander een goedgekeur het, het drasties verbeter en tot 30,4% gestyg in vergelyking met 19,2% in die vorige tydperk.

Sign up for Free Daily Building and Construction News