Transnetwiele rol voort ná hofsaak


Advertising

13-03-2009
Read : 24 times
Sake24

die suid-gautengse hooggeregshof het ’n aansoek om ’n interdik om transnet te keer om ’n nuwe tender te vra vir die verskaffing van 100 lokomotiewe, van die hand gewys.

electro-motive sibanye, ’n gesamentlike onderneming aan wie vroeër ’n tender vir die verskaffing van 212 diesellokomotiewe toegeken is, het dié aansoek ingedien nadat sy tender gekanselleer is.

transnet het gesê hy het die oorspronklike tender gestop nadat dit aan die lig gekom het dat daar onreëlmatighede in die tenderproses was.

’n forensiese ondersoek na die proses deur ernst & young het dié onreëlmatighede bevestig.

mnr. john dludlu, woordvoerder van transnet, het gesê die hofbeslissing steun transnet se besluit.

“dit is vir transnet belangrik dat ons tenderprosesse regverdig, kostedoeltreffend en deursigtig is.”

dludlu het gesê die hof se beslissing baan die weg vir transnet om so spoedig moontlik met die verkryging van die nuwe lokomotiewe voort te gaan.

“enige vertraging in dié verkrygingsproses kan transnet ernstig benadeel.”

die verkryging van lokomotiewe vorm deel van transnet se kapitaalinvesteringsplanne oor die volgende vyf jaar.

dit neem tot 40 maande vandat ’n tender goedgekeur is totdat ’n nuwe lokomotief in gebruik geneem word

Sign up for Free Daily Building and Construction News