Shosholoza-oordrag kan van spoor af loop


Advertising

18-03-2009
Read : 131 times
Sake24

vakbonde by transnet kan die beplande oordrag van die landwye langafstand-passasierstrein shosholoza meyl van transnet na die suid-afrikaanse spoorpendelkorporasie (sarcc) in die wiele ry.

die vakbonde satawu en utatu is reeds hof toe om ’n interdik te kry teen transnet se planne om die oordrag van die trein teen 1 april afgehandel te hê.

as die interdik nie slaag nie, kan ’n staking transnet in die gesig staar, sê mnr. chris de vos, hoofsekretaris van utatu.

satawu en utatu beskuldig transnet daarvan dat hy veranderinge aan die oorspronklike oordrag-ooreenkoms aangebring het sonder om die vakbonde te raadpleeg.

de vos sê die vakbonde was nog altyd ten gunste van die oorplasing van die trein en was betrokke by die vroeëre onderhandelings, maar nou op die laaste nippertjie het transnet wysigings aangekondig.

“die trein se tegniese span en verskeie kontrakwerkers wat by shosholoza meyl werk, gaan nou ook oorgeplaas word. dit was nooit deel van die oorspronklike ooreenkoms nie.”

transnet het gister bevestig hy is bewus van die vakbonde se ontevredenheid.

“die vakbonde wil die oorplasing van die trein met twee maande uitstel. ons gaan dit nié uitstel nie,” het mnr. john dludlu, transnet se woordvoerder, gister gesê.

dludlu sê daar sal sowat 1 750 transnet-werknemers saam met die trein oorgeplaas word na die spoorpendelkorporasie.

die oorplasing van shosholoza se langafstand-passasierstrein is reeds die afgelope twee jaar op die tafel, sedert transnet besluit het om meer te fokus op vragvervoer as op passasiersvervoer.

die spoorpendelkorporasie bedryf die tussenstedelike metro-treindienste sowel as metrobus.

de vos sê kommer heers oor die veiligheid van die oorgeplaaste werkers se poste by die sarcc.

“veral treindrywers en tegniese personeel is nou bekommerd omdat die sarcc reeds voldoende personeel in dié poste het. terwyl die transnet-werkers se poste aanvanklik vir ’n periode van 12 maande beskerm sal wees by die sarcc, is daar geen duidelikheid oor wat daarna sal gebeur nie. transnet het verder ’n geskiedenis van herstrukturering wat gelei het tot groot werkverliese. dit wil ons vermy.”

mnr. viwe mlenzana, uitvoerende hoof van die shosholoza meyl, het egter gister gesê daar is “geen planne om enigiemand af te dank nie. inteendeel, ons verwag dat die onderneming baie gaan groei; gevolglik het ons juis meer personeel nodig as wat ons tans het, veral ten opsigte van treindrywers.”

mlenzana sê dit is egter menslike natuur om bang te wees vir verandering. “maar sover dit my betref, is daar geen rede vir die mense om te vrees vir hul werksekuriteit nie,” het mlenzana gister gesê.






Sign up for Free Daily Building and Construction News