Resessie gaan nog jare byt

Advertising
16-07-2010
Read : 47 times
Sake24
die uitwerking van die finansiële krisis gaan nog jare lank gevoel word en dit is onwaarskynlik dat jan en alleman die werklike implikasies daarvan begryp.
een van die implikasies vir die burgers van alle lande is dat die regerings weens hul groot skuldlaste nie meer so rojaal soos in die verlede sal kan wees met maatskaplike toelaes nie.
“mense regoor die wêreld sal gedwing word om self voorsiening te maak vir hul aftrede omdat die begrotings van baie lande nog jare, of selfs dekades, onder druk gaan bly,” sê mnr. rian le roux, hoofekonoom van die ou mutual beleggingsgroep (omigsa).
le roux het by die bekendmaking van die nuutste old mutual savings monitor gesê ’n kenmerk van die fiskale inperking wat op die ekonomiese krisis volg, is die inkorting van die maatskaplike toelaes wat deur regerings gefinansier word, en die inkorting van staatspensioene.
fiskale inperking sal nog ’n tyd lank voortduur omdat staatskuld nie gou gaan verdwyn nie. dít sal deursypel na alle vlakke van die ekonomie, wat sake vir regerings verder sal vererger, sê le roux.
al het suid-afrika uit ’n fiskale oogpunt relatief lig van die finansiële krisis afgekom, kan aanvaar word hy nie die gevolge van die krisis gaan ontglip nie.
fiskale inperking beteken ’n verlangsaming in ekonomiese groei, wat op sy beurt lei tot hoër werkloosheid en meer mense wat afhanklik is van staatstoelaes en minder wat belasting betaal. dit beteken heel waarskynlik ook veel laer opbrengste op beleggings as waaraan mense in die vyf jaar tot 2008 gewoond geraak het.
van die lande waar staatskuld buite beheer hoog is, het reeds aangekondig dat hulle dit oorweeg om die aftree-ouderdom vir werkers te verhoog omdat baie pensioenfondse in duie kan stort. le roux sê as die aftree-ouderdom uitgestel word van 61 tot 70 jaar sal miljarde tot die geknelde lande se ekonomieë gevoeg word.
“meer mense sal langer werk en minder druk op die staatskas plaas.”
die giftige kombinasie van laer opbrengste op beleggings en die beperking van maatskaplike toelaes tot die absolute minimum sal beteken dat mense meer sal moet spaar vir aftrede – veral mense met pensioenfondse met vaste bydraes. vir mense met pensioenfondse met vaste voordele, beteken dit dat hul inkomste uit dié pensioen nie verhoog sal word.
staatskuld in suid-afrika is nog lank nie op dieselfde skaal nie as dié van griekeland, die vsa en italië waar staatskuld bykans 125% van die bruto binnelandse produk (bbp) bedra nie, maar dit sal na verwagtig styg. le roux voorspel ’n styging in suid-afrika se staatskuld van die huidige sowat 25% van die bbp tot 40%.
die regering sal nietemin met fiskale inperking wil keer dat suid-afrika dieselfde paadjie as griekeland loop, sê le roux.
net soos in die res van die wêreld sal fiskale inperking in suid-afrika trae ekonomiese groei tot gevolg hê (tussen 3% en 4%), werkloosheid sal hoog bly en loonverhogings sal beteken dat suid-afrika moeilik met ander lande sal kan meeding, opbrengste op beleggings sal laag bly en maatskaplike toelaes sal ingeperk word.
soos sake staan, is 7 miljoen belastingbetalers verantwoordelik vir die maatskaplike toelaes van 14 miljoen, of anders gestel: een belastingbetaler betaal die maatskaplike toelae van twee mense. le roux sê maatskaplike toelaes in suid-afrika het waarskynlik reeds die boonste perk bereik.
in suid-afrika sal groei in maatskaplike toelaes beperk bly en mense dwing om in groter mate voorsiening te maak vir hul eie aftrede. veral as die regering – teen die wêreldwye tendens in – daarin slaag om die aftree-ouderdom te verlaag. as iemand op 60 jaar aftree, kan hy verwag om nog 25 jaar te leef en sy pensioengeld sal daarvoor voorsiening moet maak.
staatsbegrotings is wêreldwyd onder druk, en mense sal bloot net moet aanvaar dat regeringshulp tydens aftrede baie beperk sal wees.
adri van zyl
Recent News
Here are recent news articles from the Building and Construction Industry.
Have you signed up for your free copy yet?