Munisipale dienste beste in Wes-Kaap


Advertising

02-12-2010
Read : 255 times
Die Burger

kaapstad - nege van die land se tien mees produktiewe plaaslike regerings is in die wes-kaap geleë.

die george-munisipaliteit pryk bo-aan die lys. johannesburg is die mees produktiewe metro-munisipaliteit, gevolg deur kaapstad.

gauteng en die wes-kaap is egter ook die provinsies waar die meeste betogings oor swak dienslewering die afgelope jaar gehou is.

dié inligting kom uit die munisipale produktiewe indeks – ’n jaarlikse opname wat munisipaliteite meet aan hul armoedevlakke, toegang tot basiese dienste, ekonomiese “intelligensie”, besteding deur die plaaslike raad en die vakante poste in ’n munisipaliteit.

dit word saamgestel deur die dienste-organisasie municipal iq.

luidens die verslag is agt van die tien mees onproduktiewe plaaslike regerings in die oos-kaap, waarvan mbhashe die swakste gevaar het. die ander twee munisipaliteite is in kwazulu-natal. saldanha, wat verlede jaar die mees produktiewee munisipaliteit in die land was, is dié keer tweede.

die studie toon verder dat daar ál hoe meer betogings plaasvind weens ontevredenheid oor dienslewering.

municipal iq se besturende direkteur, mnr. kevin allan, het gesê aangesien 48% van dié betogings in informele gebiede gehou is, is dit heel moontlik dat armoede en ongelykheid tot soortgelyke optrede in die toekoms sal lei.

altesaam 38% van die betogings was in gauteng, gevolg deur die wes-kaap (16%), noordwes (10%), die oos-kaap (9%), kwazulu-natal (8%), mpumalanga (7%), limpopo (4%) en die noord-kaap (2%).

Sign up for Free Daily Building and Construction News