Mededinging knou Basil Read se wins

Advertising
26-08-2011
Read : 3 times
Sake24
stywe mededinging en onsekerheid op die wêreldmarkte het die konstruksiegroep basil read se netto wins geknou en die groep gedwing om koste te besnoei.
die groep het met die bekendmaking van sy resultate vir die ses maande tot einde junie gesê hoewel sy winsmarges onder druk is, sal sy sterk bestelboek en goeie verhouding met kliënte hom in staat stel om die uitdagings te bowe te kom. die omset het in die ses maande tot junie met 12% op ’n jaargrondslag gestyg tot r2,9 miljard. bedryfswins het egter met 26% tot r150 miljoen gedaal en dit verteenwoordig ’n bedryfsmarge van 5,1%. in junie verlede jaar was die marge 7,7%. sy netto wins het in dié tydperk met 27% gedaal tot r92,8 miljoen.
volgens mnr. marius heyns, uitvoerende hoof van basil read, bied die huidige ekonomiese klimaat uitdagings aan die ingenieursbedryf. “daar is steeds sakegeleenthede, maar groter mededinging in die sektor plaas druk op winsmarges.”
vertragings in die ontvangs van betalings het die groep se kontantvloei negatief geraak en kontant op hande het gekrimp tot r560,1 miljoen, nadat dit ses maande gelede nog r987,7 miljoen was.
meer as r250 miljoen word nog geskuld deur regeringsdebiteure wat kontraktuele betalingsbepalings oorskry het. sy bestelboek is r10,2 miljard teenoor r8,1 miljard in junie verlede jaar en die afgelope ses maande is nuwe kontrakte ter waarde van r5,3 miljard gesluit. sy mynbou-ingenieursfiliaal twp het ’n goeie herstel getoon en goeie resultate is ook in die mynbou-afdeling behaal.
twee nuwe verkrygings is vanjaar gedoen: die petroleumverskaffer siyaya energy en ’n aandeel van 35% in metrowind, wat tans ’n windplaas in port elizabeth ontwikkel. basil read contracting, ’n eiendomsbeheermaatskappy, is in dié tydperk verkoop.
die groep verwag dat plaaslike handelsomstandighede die res van die jaar steeds gedemp sal bly en hy ondersoek nismarkte in die res van afrika, veral oos-afrika.
Recent News
Here are recent news articles from the Building and Construction Industry.
Have you signed up for your free copy yet?