Korrelbedreaktor-ontwikkelaar herbesin oor strategie vir Koeberg

Advertising
27-03-2009
Read : 562 times
Sake24
die maatskappy verantwoordelik vir die ontwikkeling van die korrelbedkernreaktor, pbmr, werk tans aan ’n korporatiewe plan wat einde junie aan die regering voorgelê moet word en wat bepalend sal wees vir die toekoms van die projek.
pbmr het voldoende finansiering om tot einde maart volgende jaar in sy huidige vorm voort te bestaan.
mnr. jaco kriek, uitvoerende hoof, sê eskom se onbeplande behoefte aan grootskaalse finansiering te midde van die internasionale kredietkrisis vorm die agtergrond tot die herbesinning oor pbmr se strategie.
pbmr het vroeër aangekondig kontrakte in duitsland, japan en spanje vir die voorsiening van komponente vir die eerste demonstrasiereaktor is opgeskort.
volgens kriek sal die bou van die reaktor by koeberg waarskynlik met sowat twee jaar uitgestel word.
boonop sal ’n bykomende ?kliënt as net eskom gesoek word, omdat eskom self bakhand staan by die regering en pbmr nou groter moontlikhede vir die hitte-toepassing van die reaktor ondersoek.
sasol is ’n potensiële kliënt as gevolg van die energie-intensiewe proses om steenkool tot sintetiese brandstof te verwerk.
indien sasol kernkrag-hitte gebruik, hoef hy nie sy eie voorraad steenkool te verbrand as energiebron nie.
kriek sê binne die volgende paar maande sal pbmr ernstig met sasol oor sy oplossing vir koolsuurgasvrye energie kan praat.
die maatskappy skaaf tans aan ’n paar ontwerpe na gelang van kliënte se behoeftes – die klein 168 mw-model vir navorsing en toetse, 200 mw vir stoomopwekking of kombinasie van stoom- en kragopwekking, en 400 mw vir kragopwekking.
die reaktor kan ook energie voorsien vir ontsoutingsaanlegte.
met eskom wat sy konvensionele kernkragplan uitgestel het en ná die nuus dat pbmr sy strategie aanpas en kontrakte gekanselleer het, het talle kritici gesê dis nou tyd dat die staat die projek sluit.
kriek waarsku dit sal net beteken iemand anders soos die vsa of china sal die tegnologie tot nadeel van suid-afrika oorneem.
hy sê die ideaal is om pbmr as kerningenieurswesemaatskappy te posisioneer, en om die ander aspekte van die projek soos tegniese ontwikkeling en navorsing, brandstof, en die bou en bedryf van die reaktor deels te finansier via ander instansies soos die wetenskaplike en nywerheidsnavorsingsraad, die kernenergiekorporasie (necsa), ithemba labs, eskom en ander potensiële kliënte soos sasol.
kriek is tans in china om nouer samewerking met die chinese se nuwegeslag-kernreaktorprogram te verseker, en 13 chinese kundiges het pbmr vroeër vanjaar besoek.
Recent News
Here are recent news articles from the Building and Construction Industry.
Have you signed up for your free copy yet?