Kontrakteurs hof toe ná skorsing weens bedrog

17-02-2009
Read : 80 times
Sake 24
die skorsing van boukontrakteurs wat hulle aan bedrog skuldig gemaak het, word later vanjaar in die hof getoets.
tot tyd en wyl dié saak in augustus voorkom, sal die geskorste kontrakteur wat hom na die hof gewend het, egter steeds in aanmerking kom vir staatskontrakte.
die konstruksie-ontwikkelingsraad (cidb) het in januarie die name van 21 boukontrakteurs bekend gemaak wie se registrasie opgeskort is weens omkopery, bedrog en korrupsie.
dié liggaam gradeer kontrakteurs volgens hul finansiële en tegniese vermoë. na gelang van hoe goed hulle vaar, kan hulle vir groter staatskontrakte in aanmerking kom.
die register is op die cidb se webwerf beskikbaar sodat regeringskliënte kontrakteurs se gradering kan nagaan voor projekte aan hulle toegeken word.
die cidb het in januarie gesê die oortredings spruit uit pogings van kontrakteurs om vir groter kontrakte te kwalifiseer.
een van die kontrakteurs, group ywo trading enterprises, is daaraan skuldig bevind dat hy r6 000 aan ’n cidb-amptenaar betaal het vir vals finansiële state met die oog op ’n hoër gradering.
group ywo is met sowat r30 000 beboet, een vlak afgegradeer sodat hy vir kontrakte met ’n laer waarde kwalifiseer en ’n jaar lank uit die register geskors.
group ywo het egter besluit om sy skorsing op hersiening na die hof te neem.
volgens mnr. uys du plessis, sy prokureur van die firma harringtons in bethlehem in die vrystaat, voer group ywo aan dat die wet nie ’n boete én ’n skorsing as straf voorskryf nie, maar óf die een óf die ander.
hy sê die skorsing kan ’n kontrakteursmaatskappy in effek vernietig en is ’n baie swaarder straf as die boetes wat opgelê kan word. hy meen die hofuitspraak kan rigtinggewend wees vir die wyse waarop die cidb voortaan strawwe uitdeel.
me. kotli molise, woordvoerder van die cidb, sê group ywo is een van twee kontrakteurs wat aspekte van die bevindings teen hulle op hersiening neem.
die cidb beskou dit as sy grondwetlike reg om dit te doen en het ingestem om in die geval van group ywo, wat net sy skorsing bevraagteken, die skorsing terug te hou totdat die hof uitspraak lewer.
intussen het die cidb nóg sewe kontrakteurs wat hulle aan soortgelyke oortredings skuldig gemaak het, se name op 3 februarie in die staatskoerant bekend gemaak. die meeste van hulle se name is uit die register verwyder.
Recent News
Here are recent news articles from the Building and Construction Industry.
Have you signed up for your free copy yet?