Huise beskerm teen verbandskuld

Advertising
11-04-2011
Read : 223 times
Sake24
johannesburg. - die grondwetlike hof het maandag beslis net ’n regter - en nie ’n registrateur van ’n hoër hof nie - kan besluit dat iemand se huis weens skuld verkoop moet word.
die hof het eenparig besluit “waar uitvoering teen die huis van geldlose skuldenaars plaasvind en die skuldenaars die gevaar loop om hul sekuriteit van verblyf te verloor” is die verdere oorsig van hof ’n noodsaaklikheid.
daar is voorts beslis dit is ongrondwetlik vir ’n registrateur van ’n hoër hof om vaste eiendom is sulke gevalle as vervreembaar te beskou.
die saak spruit daaruit dat nedbank me. elsie gundwana se huis in george verkoop het om r5 268 agterstallige verbandbetalings te verhaal.
haar prokureur, mnr. francois van zyl, het na die tyd gesê: “die uitspraak beteken banke wat huise wil vervreem weens verbandbetalings moet ’n regter vra en aandui waarom die verkoop van die huis regverdigbaar is in die konteks van die spesifieke saak.”
Recent News
Here are recent news articles from the Building and Construction Industry.
Have you signed up for your free copy yet?