Huisbouers het meer vertroue


Advertising

12-03-2010
Read : 20 times
Sake24

johannesburg. – die bouvertroue van residensiële boukontrakteurs was stukke beter in die eerste kwartaal van vanjaar, ’n aanduiding dat die opswaai in die residensiële mark stadig maar seker aan die gang is.

daarteenoor het die bouvertroue van nie-residensiële boukontrakteurs verder afgeneem.

in dié kwartaal het residensiële boukontrakteurs se vertroue tot 26 indekspunte toegeneem van 21 punte in die vierde kwartaal van verlede jaar.

dit blyk uit eerste nasionale bank (enb) se jongste bouvertroue-indeks wat die sakevertroue meet van boukontrakteurs, vervaardigers van boumateriaal, groot en kleinhandelaars, argitekte en bourekenaars. dié indeks word kwartaalliks uit navorsing van die buro vir ekonomiese ondersoek (beo) aan die universiteit van stellenbosch saamgestel. die navorsing is tussen 1 februarie en 1 maart vanjaar onderneem.

dr. cees bruggemans, hoofekonoom van enb, sê die tempo van die herlewing in die residensiële mark, word op die oomblik vertraag deur faktore soos onsekerheid oor die ekonomiese vooruitsigte, verbruikers se hoë skuldvlakke en steeds streng uitleenstandaarde. hy sê hoewel die uitleenkriteria minder streng is as ’n jaar gelede, diskwalifiseer dit gewillige marginale leners.

aan die nie-residensiële kant het die bouvertroue van boukontrakteurs afgeneem tot 26 punte van 30 punte in die laaste kwartaal van verlede jaar.

mnr. john loos, eiendomontleder van enb, sê boubedrywighede in dié sektor was onder die verwagting in die eerste kwartaal. altesame 89% van die respondente in die beo se navorsing het aangedui dat ’n onvoldoende vraag na bouwerk die lewensvatbaarheid van hul ondernemings ernstig strem.

hy voorsien dat bedrywighede in dié sektor op die vroegste volgende jaar sal begin herstel.

elma kloppers

Sign up for Free Daily Building and Construction News