Gaan loer na WB-stadions met Google

Advertising
08-06-2010
Read : 44 times
Sake24
johannesburg. - google se “street view”- en 3d-funksies vir suid-afrika was dinsdag lewendig op google earth.
dit beteken rekenaar-gebruikers kan na ’n klomp strate in plaaslike stede en dorpe gaan kyk.
die foto’s vertoon 360 grade wat beteken ’n mens kan in die rondte draai met jou muis en soomloos na alle kante kyk - terwyl nog 360 grade-foto’s verder die virtuele straat af is om op te kliek.
dit is die resultaat van ’n magdom foto’s wat oor die afgelope paar maande deur google geneem is met voertuie wat deur die strate gery het.
die gebiede wat so afgeneem is, word ook van dinsdag af in driedimensionele beelde op die skerm vertoon.
sewe van die nuwe sokker-stadions is ook afgeneem. gebruikers van google earth kan dus virtueel in die stadions “rondloop’ om te kyk hoe hulle lyk.
altesame 27 stedelike en dorpsgebiede is so afgeneem, asook ’n aantal hoofweë wat verby baie vakansieplekke gaan.
sekere toeriste-aantreklikhede kan ook so beskou word, waaronder die tuinroete, die krugerwildtuin en oudpres. nelson mandela se eertydse huis in soweto. verskeie kusdorpe is ook afgeneem.
me. julie taylor, google se kommunikasie-bestuurder in suid-afrika, sê in ’n verklaring: “dis ’n eerste vir afrika en ’n opwindende ontwikkeling vir suid-afrika. dit gaan baie vir toerisme doen.”
om google earth (wat gratis is) af te laai, gaan na http://earth.google.com en laai die jongste weergawe af.
om na street view op google earth te gaan, voer ’n adres in die soek-ruimte links in of zoem in op die gebied van jou keuse en kliek op een van die kamera-ikone wat later vertoon.
om gebiede in 3d te sien, skakel die “3d buildings layer” aan in die kolom links deur die venstertjie langs dit te kliek.
Recent News
Here are recent news articles from the Building and Construction Industry.
Have you signed up for your free copy yet?