Eskom beplan derde nuwe steenkoolkragstasie

24-11-2010
Read : 87 times
Sake24
johannesburg. - suid-afrika kan verwag om ná 2025 ’n derde nuwe steenkoolkragstasie te kry.
mnr. brian dames, eskom se uitvoerende hoof, het gister bevestig dat die twee kragstasies wat tans gebou word, kusile in mpumalanga en medupi in limpopo, nie die laaste steenkoolkragstasies sal wees wat in suid-afrika gebou word nie.
“die nuwe geïntegreerde hulpbronplan (irp2010) maak weliswaar nie voorsiening vir ’n derde steenkoolkragstasie nie, maar dié plan dek nie noodwendig bykomende vermoë ná 2025 nie. hoewel eskom daarna streef om groener te word en minder afhanklik te word van steenkool-kragopwekking, het steenkool steeds ’n groot rol in suid-afrika se energiemengsel in die toekoms.”
dames sê suid-afrika se toegang tot goedkoop steenkool maak dit onwys om van steenkool afstand te doen.
“ons gaan ook in die toekoms fokus op kernkrag en hernieubare krag, met die klem op sonkragprojekte,” het dames gister by die bekendstelling van eskom se tussentydse resultate gesê.
eskom wil teen 2030 die bestaande mengsel waaruit suid-afrika se kragopwekking bestaan (vandag bykans 95% steenkool), verander en wil onder meer sowat 14% van opwekkingsvermoë in die toekoms uit kernkrag verkry.
“hernieubare krag sal ’n verdere 16% van die totaal behels en steenkool sal teen 2030 omtrent 47% van die totale kragopwekkingsvermoë uitmaak.”
dames sê kusile en medupi verteenwoordig ’n 20%-toename in opwekkingsvermoë vir eskom.
hy sê die verwagting is dat die derde steenkool-kragstasie ’n verdere 5 gw tot die netwerk sal bydra.
“ons het ’n doel om groener te word, maar dit kan ook bereik word deur bestaande en nuwe steenkoolopwekkingsgeriewe baie skoner te maak met nuwe tegnologiese veranderings.”
eskom het gister vir die eerste keer in die groep se 87-jarige bestaan tussentydse resultate bekend gemaak.
die maatskappy het in die ses maande tot 30 september 2010 ’n netto wins van r9,5 miljard gemaak op ’n omset van r51 miljard. in die ooreenkomstige tydperk in 2009 was die wins r1,1 miljard op ’n omset van r38,3 miljard.
mnr. paul o’flaherty, eskom se hoof van finansiering, sê die eerste ses maande is egter tradi sioneel eskom se sterkste tydperk van sy boekjaar.
“in die winter verkoop ons meer krag en doen ons minder instandhouding wat beteken koste is laer.” o’flaherty sê eskom verwag om in die tweede helfte van die boekjaar gelyk te breek.
mnr. malusi gigaba, die nuwe minister van openbare ondernemings, het gister eskom se poging geloof.
“dit is verblydend om te sien eskom is uiteindelik besig om behoorlik om te swaai. die maatskappy het ’n groot verantwoordelikheid met die huidige bouprogram en in dié verband is goeie resultate baie belangrik.”
dames sê die winste sal teruggeploeg word in die maatskappy.
“dit is om die balansstaat te versterk en te help om vir die bouprogram te betaal. dit is verblydend om te sê die bouprogram wat bestaan uit kusile, medupi en ingula – die hidroprojek – is nou ook ten volle gefinansier. die projekte kan nou volstoom voortgaan.”
eskom het dié mylpaal behaal danksy verdere regeringsingryping met die regering wat verlede maand aangekondig het dat hy verdere waarborge van r174 miljard aan eskom toegestaan het.
Recent News
Here are recent news articles from the Building and Construction Industry.
Have you signed up for your free copy yet?