Dakwoonstel haal R25,4 m.

Advertising
22-02-2011
Read : 7 times
Sake24
johannesburg. - ’n plaaslike sakeman het ’n volle r25,4 miljoen betaal vir ’n weelderige dakwoonstel in melrose arch – meer as dubbel die vorige verkoopsrekord by dié byderwetse gemengdegebruikontwikkeling noord van johannesburg.
die eenheid van 800 m² is vroeër vandeesmaand van die plan af gekoop, voor die amptelike bekendstelling in maart van wat melrose arch se derde residensiële fase sal wees. die ontwikkeling van r400 miljoen sal uit 59 weeldewoonstelle bestaan wat langs die protea-groep se nuwe fire and ice-hotel gebou gaan word. dit sal die totale getal wooneenhede by melrose arch op 180 te staan laat kom.
die nuwe eenhede wissel van 95 m² tot ongeveer 800 m², met vrapryse van tussen r3,4 miljoen en r25,4 miljoen. dit kom neer op gemiddeld r32 000/m².
mark uhlmann, hoofbestuurder van die afdeling vir handelseiendom by melrose arch investment holdings, sê dis die eerste keer dat vrapryse by melrose arch meer as r20 miljoen haal, wat ’n aanduiding is van hoe begeerlik die werk-woon-kuier-leefstyl van die gebied geword het. uhlmann sê die hoogste prys wat tot dusver vir ’n woonstel in melrose arch behaal is, was r12,5 miljoen vir ’n eenheid van sowat 350 m².
ofskoon die transaksie van r25,4 miljoen melrose arch een van die duurste residensiële gebiede in johannesburg maak, hou die legacy-groep se nuwe da vinci-ontwikkeling aan nelson mandelaplein steeds die rekord vir die hoogste prys wat nog vir ’n woonstel in gauteng betaal is. ’n dakwoonstel van 650 m² is teen einde 2009 vir ’n stewige r50 miljoen (ongeveer r77 000/m²) verkoop. voor dit het die naburige michelangelo towers die rekord gehou met ’n eenheid van 500 m² wat vir r35 miljoen (r70 000/m²) van eienaar verwissel het.
ten spyte van die stygende pryse vir weeldewoonstelle in eksklusiewe deeltitelontwikkelings, bied die goudstad steeds beter waarde as die moederstad. die duurste weeldedakwoonstelle met alles wat daarmee gepaardgaan in die waterfront-marinagebied kos meer as r90 000/m². pam golding properties het byvoorbeeld nou ’n dakwoonstel van 319 m² in die nuut geboude pembroke-gebou beskikbaar vir r29,5 miljoen (of r92 476/m²). sol kerzner se one&only-hotel met sy ses sterre in die v&a waterfront het in 2008 nuus gemaak toe ’n dakwoonstel van 1 076 m² vir r108 000 miljoen (of r100 371/m²) verkoop is – die hoogste prys tot dusver vir ’n deeltiteleiendom in sa.
joan muller
Recent News
Here are recent news articles from the Building and Construction Industry.
Have you signed up for your free copy yet?