Cipro-ondersoeke afgehandel


Advertising

12-04-2010
Read : 72 times
Sake24

besonderhede oor ’n omstrede tender ter waarde van r153 miljoen vir ’n nuwe elektroniese inhoudsbestuurstelsel vir die registrasiekantoor vir maatskappye en intellektuele eiendom (cipro), sal binnekort in die parlement aan die lig kom, sê die ouditeur-generaal en die departement van handel en nywerheid.

dié tender, wat aan die onbekende valorit toegeken is hoewel sy tender bykans r90 miljoen meer was as dié van die jse-genoteerde faritec, is deur die ouditeur-generaal en ’n onafhanklike forensiese span ondersoek. albei die ondersoeke is voltooi, het die departement van handel en nywerheid gister gesê.

mnr. africa boso, woordvoerder van die ouditeur-generaal, sê die instelling se verslag oor die toeken van die tender is afgehandel en is reeds op pad na die parlement.

“dit sal na verwagting volgende week by die parlement aankom, en sal al die standaardprosesse volg om ter tafel gelê te word.”

dr. rob davies, minister van handel en nywerheid, het in ’n verklaring gesê hy is besig om regsadvies in te win oor die bevindinge wat in die forensiese ondersoekspan se verslag vervat is.

davies het ’n beroep op personeel en bestuur van cipro gedoen om direk na hom te kom met enige verdere inligting wat hulle oor bewerings van korrupsie by die instelling het, en het belowe om enige verklikkers te beskerm.

daar word beweer dat mnr. michael twum-darko, geskorste inligtingshoof van cipro, die proses beïnvloed het om die tender aan valorit toe te ken. ook mnr. keith sendwe, uitvoerende hoof wat reeds vir etlike maande op onbepaalde siekverlof is, is by die beweringe betrek.

ondanks die reuse-verskil in prys en die beweerde ongerymdhede is die tender ook deur mnr. tshediso motana, direkteur-generaal van handel en nywerheid, afgeteken.

gebrekkige inligtingstegnologie-infrastruktuur by cipro lei die afgelope maande tot reuse-vertragings vir kliënte, wat sukkel om selfs basiese funksies uit te voer. daar is vrese dat valorit se gebrekkige ervaring sal beteken dat die peperduur nuwe elektroniese stelsel nie die probleme sal uitklaar nie.

davies het hom opnuut daartoe verbind om “enige vorm van korrupsie wat binne cipro mag bestaan, uit te roei”. ’n ondersoek deur die suid-afrikaanse polisiediens na verskeie beweringe van korrupsie by cipro duur voort, het davies gesê.

jana marais

Sign up for Free Daily Building and Construction News