Besluite oor skoon energie kom gou

Advertising
09-02-2009
Read : 84 times
Sake 24
suid-afrikaners sal teen 28 februarie moontlik weet hoe die toekoms van die land lyk wat betref hernieubare krag.
dít is die datum waarop die nasionale energiereguleerder (nersa) die uitslag sal bekend maak van die onlangse twee dae lange openbare verhoor oor hernieubare krag.
mnr. thembani bukula, nersa se lid vir elektrisiteit, sê dié datum kan met ’n maand uitgestel word aangesien deelname aan die openbare verhoor nersa se verwagtinge oorskry het.
nersa is egter vasbeslote om nie die proses te vertraag nie, in die lig daarvan dat die regering teen 2013 genoeg hernieubare-energieprojekte in die land op die been wil hê om 10 000 gwh krag te kan lewer. eskom verskaf tans sowat 240 000 gwh krag per jaar.
sowat 28 belanghebbende partye het verlede week aan nersa se openbare sitting deelgeneem. bukula sê nersa is beïndruk deur die gehalte van die voorleggings wat gelewer is.
“die mense wat voorleggings gedoen het, is almal op een of ander manier by hernieubare energie betrokke, of hulle nou ontwikkelaars of finansiers is.
“ons is baie gelukkig in dié opsig dat ons op die twee dae regstreeks met partye kon gesels wat in die sektor van hernieubare energie betrokke is,” het bukula gesê.
“ons het die boodskap ontvang dat tariewe (vir die invoer van privaat gegenereerde krag in die nasionale stelsel) te laag is. dit is egter ook waar dat die voorstelle vir tariewe wat nersa ontvang het, wyd verskil, van byvoorbeeld r1,03/kwh tot r1,80/kwh vir windkrag.
“geen duidelike standaard-tarief is geïdentifiseer nie. nersa sal nou die data wat ontvang is, moet verwerk en syfers bevestig om by ’n finale tarief uit te kom.”
mnr. mark tanton, verbonde aan die suid-afrikaanse wind?energie-vereniging, sê die redes vir die groot prysverskille wat deelnemers in die voorleggings gegee het, is eenvoudig.
“die hernieubarekrag-bedryf in suid-afrika is nog onbekend en baie jonk.
“nie almal wat in die bedryf betrokke is, weet altyd soveel van die bedryf af nie.
“die bedryf begin nou maar eers in suid-afrika en dit sal ’n breë prysband hê omdat mense niks hier het waarop hulle voorstelle kan grond nie.”
tanton het gevra dat nersa eerder ’n hoë as ’n lae tarief vasstel, juis omdat daar steeds soveel onsekerhede bestaan oor hernieubare energie in suid-afrika.
mnr. clarence oelofse, adjunk-president van fieldstone ?africa, ’n organisasie wat in wind- en sonkrag spesialiseer, sê daar is private maatskappye in suid-afrika wat gereed staan om geld in hernieubare energie te belê.
“al waarvoor hulle wag, is ’n invoertarief wat sinvol is. tans is die tarief vir windkrag sowat 60c laer as wat nodig is, terwyl die tarief vir sonkrag sowat 80c te laag is.”
een ding waaroor deelnemers aan die verhoor eensgesind was, is die voordele wat hernieubare energie vir suid-afrika inhou.
“die waarde van een kwh hernieubare energie vir die suid-afrikaanse ekonomie kan tot r75 wees,” sê mnr. johan van der berg van die firma biotherm.
“hoe langer ons dus wag om die bedryf tot stand te bring, hoe meer kan dit die ekonomie kos,” het hy gesê.
Recent News
Here are recent news articles from the Building and Construction Industry.
Have you signed up for your free copy yet?