‘Krisis versterk swaai na kontrakwerk’


Advertising

15-04-2010
Read : 61 times
Sake24

johannesburg. - die ekonomiese krisis het die opmars van kontrakwerk in die suid-afrikaanse arbeidsmark ’n hupstoot gegee, wys die arbeidsmakelaar adcorp se nuutste indiensname-indeksverslag.

die meeste poste wat tydens die resessie verloor is, was permanente poste terwyl “atipiese” of kontrakwerk aanhou groei het.

dit sluit in arbeidsmakelary wat vanjaar waarskynlik die teiken sal wees van wysigings aan die land se arbeidswette.

die stadige herstel in indiensname sedert september behels volgens die verslag ook nie veel permanente werk nie.

die adcorp-indeks wys verder dat die voltooiing van bouprojekte vir die wêreldbeker-sokkertoernooi in maart gelei het tot ’n 8%-daling in die konstruksiesektor se indiensname.

die bou van stadions en verwante infrastruktuur is vroeër verwelkom as ’n openbarewerke-meevaller vir die land se arbeidsmark te midde van die resessie. dié meevaller is nou verby, met ’n wesenlike uitwerking op algehele indiensnamesyfers.

algehele indiensname in die maand was steeds 2,3% hoër as in maart 2009, maar met die konstruksiesektor buite rekening gelaat sou dié herstel 6,1% gewees het, lui die verslag.

die kleinhandelsektor, waar die meeste poste tydens die krisis gesny is, wys steeds nie ’n “merkbare herstel” nie terwyl die vervaardigingsektor vanaf ’n lae basis herstel, sê adcorp.

die algehele indiensname-bloedbad het volgens adcorp 44,6% van alle nuwe poste wat die ekonomie tussen 2001 en 2009 geskep het, vernietig.

daar is wel ’n stadige, maar volgehoue herstel in algehele indiensname sedert september verlede jaar en die aantal poste het tussen februarie en maart met 0,2% gegroei. sedert september het indiensname met 1,3% gegroei, maar dié groei was “tentatief en oneweredig”.

daar was tot op hede geen herstel in die aantal permanente poste nie. daar was inteendeel in maart nog ’n 0,8%-daling in dié poste.

die getal permanente poste het tydens die krisis met 12,7% geval, maar atipiese of kontrakwerk het relatief tot die totaal met 23,7% gestyg.

kontrakwerk styg nou al 46 opeenvolgende maande, wys die adcorp-indeks.

weens die groeiende gebruik van kontrakwerkers het die getal permanente poste nog nie weer by die hoogtepunt van 10,7 miljoen in 2000 gekom nie.

permamente poste het inteendeel oor die afgelope dekade gedaal tot 9,8 miljoen terwyl kontrakwerk oor dieselfde tydperk meer as verdubbel het tot die huidige 3,89 miljoen poste.

arbeidsmakelaars verteenwoordig sowat ’n kwart van dié poste terwyl die res verwys na mense wat deur hul regstreekse werkgewers op kontrak aangestel word.

adcorp plaas op enige gegewe dag tot 90 000 kontrakwerkers en beheer dus self meer as ’n tiende van die ganse arbeidsmakelaarsektor.

die afwesigheid van nuwe permanente poste toon die sakesektor se wantroue in die ekonomiese herstel, maar is ook die gevolg van ’n veranderende werkplek wat ’n premie plaas op buigsaamheid, sê mnr. richard pike, uitvoerende hoof van adcorp.

dewald van rensburg

Sign up for Free Daily Building and Construction News